Improvisation class 7 – 15 June 2010

Breaking routines

This Tuesday’s class was all about breaking routines.  And I’m going to break the routine by writing the rest of the blog in Afrikaans.

HierdieDinsdag inplaas daarvan om klas te hê, het ons almal by Basic bymekaar gekom vir ‘n glasie wyn.  Die rede daarvoor was omdat daar ‘n double booking op die saal was waar ons gewoonlik bymekaar kom.  Ruan, wat die vorige klas gemis het, het gevra waaroor verlede week se klas gegaan het.  Ek het hom toe vertel dat dit gegaan oor storie en dat dit basies daaroor gaan dat ‘n mense goeie storie skep deur ‘n roetine te skep en dan die roetine te breek.  ‘n Vinnige voorbeeld is:  “Een dag lank gelede was daar ‘n dorpie waarniemand ooit gelag et nie (‘n roetine word geskep).  Toe eendag kom daar ‘n bose towenaar na die dorp (roetine word gebreek) en omdat niemand ooit gelag het nie het hy mag oor die mense gehad en hulle sy slawe gemaak (nuwe roetine word geskep).  ‘n Jong seun in die dorp ontdek toe ‘n antieke boek met grappies in sy ouma se huis en begin dit lees en vir die ander mense grappies te vertel.  Vir die eerste keer begin die mense weer lag ontdek (roetine word gebreek).  Al die mense begin toe vir mekaar die grappies oor vertel en soos die mense meer en meer begin lag het die bose towenaar sy mag oor die mense verloor en weg gevlug uit vrees dat hulle hom sal dood lag.  En so het die dorpie bekend geraak as die dorpie waar almal baie lag (‘n nuwe roetine word geskep.  Maar hierdie slag is die roetine beter as die roetine waarmee die storie begin het).  Liezel sê toe dat  ons eintlik ook net besig was om ‘n roetine te breek deur nie klas te hê nie maar ‘n glasie wyn te drink.  Nolan vertel toe dat hy besig is om ‘n roetine te breek deur op te hou rook.  As ons wil hê ons lewens moet beter stories wees is dit nodig dat ons roetines in ons lewens breek.  Baie mense is vasgevang in seker roetines wat hulle verhoed om die lewe voluit te lewe.

Die res van die aand het ons net lekker gekuier.  Luci en Minki het gesels oor skaapvleis verkoop. Ruan het vertel van sy partytjie wat hy vir volgende jaar wil beplan.  En Liezel het ons die storie van die tweeling vertel. Dankie aan almal, dit was ‘n lekker kuiertjie

3 Replies to “Improvisation class 7 – 15 June 2010”

  1. Dis ‘n baie spontane en heerlike blog om te lees, net soos ons kuiertjie. Wie sou kon raai dat mens so lekker kan leer en dit boonop nie tussen die 4 mure van die dorps biblioteek nie…sien uit om vandag ‘n roetine te breek.

  2. roetine breek was nou lanklaas so lekker gewees soos die Basic uitstappie!!! en ons breek weereens roetine met ons volgende klas wat nie in die Bib gaan wees nie… soooooooooo cooooooooool! sien julle Dinsdag 🙂

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *